10de dag Leerder getalle: “Hoë branders en diep waters”

Written by Principal Software. Posted in News

Januarie het omtrent met ‘n knal begin en die sperdatum vir die inhandiging van die 10de dag leerder getalle het veral vinnig gearriveer. Met baie vrae en min amptelike antwoorde, het ons so goed as moontlik vir die onbekende SA-SAMS “waters”, waaraan ons in 2017 vir al ons stelsels moet voldoen, voorberei. Hoë branders het ons vinnig tegemoet gekom en vir ons ‘n realiteit geword.

Kommunikasie+ Module Aanbieding

Written by Principal Software. Posted in News

Ons stel ‘n opwindende aanbieding met betrekking tot die Kommunikasie+ Module bekend! Indien u die Principal Talk App voor 28 Februarie 2017 vir u skool aktiveer, kry u, tot einde Desember 2017, die aktiverings en “Software as a Service” (SaaS) fooie, normaalweg betaalbaar vir die Kommunikasie+ Module, heeltemal gratis! Kontak – sales@principalsoftware.co.za  vir meer inligting. *Let Wel: Hierdie aanbieding geld slegs vir die skool se onkostes m.b.t. aktivering en SaaS fooie en nie die opsionele bedrae betaalbaar deur ouers nie.

Bereiking van 100% Voldoening!

Written by Principal Software. Posted in News

Principal Software is trots om aan te kondig dat drie van ons kliënte alreeds 100% voldoening behaal het vir hulle Distrik en aanlyn DDD indiening na die Nasionale DBE ‘Dashboard’ webtuiste gedurende 2016.

‘n Hoogtepunt is dat Laerskool Hennopsrivier en Park Senior Primary die uitdagende ‘alle Groen’ ikone resultaat verwerf het vir die Jaareinde indiening van kwartaal 4. Hierdie is ‘n uitstaande prestasie wat 100% volledigheid, korrektheid en akkuraatheid van die skool se data op die Principal PLUS stelsel aandui.

Baie geluk aan Laerskool Fontainebleau, Laerskool Hennopsrivier and Park Senior School vir hierdie Legendariese Uitslag!!

copy-of-ls-fontainbleau  login-screen-2-schools-colour-included

Kommunikasie+ Module Aanbieding

Written by Principal Software. Posted in News

Ons stel ‘n opwindende aanbieding met betrekking tot die Kommunikasie+ Module bekend! Indien u die Principal Talk App voor 28 Februarie 2017 vir u skool aktiveer, kry u, tot einde Desember 2017, die aktiverings en “Software as a Service” (SaaS) fooie, normaalweg betaalbaar vir die Kommunikasie+ Module, heeltemal gratis! Kontak – sales@principalsoftware.co.za  vir meer inligting. handphone-app*Let Wel: Hierdie aanbieding geld slegs vir die skool se onkostes m.b.t. aktivering en SaaS fooie en nie die opsionele bedrae betaalbaar deur ouers nie. 8dc183a4-07b1-4e60-8707-0c73c387f227

Verwelkom Multi-kanaal Kommunikasie!

Written by Principal Software. Posted in News

Skool kommunikasie was nog nooit so maklik gewees nie! Met Multi-Kanaal Kommunikasie, kan boodskappe gelyktydig aan verskillende sub-groepe van Ouers, Leerders, Personeel, Groepe, Debiteure of Buite-Instansies d.m.v. Principal Talk, E-pos, en SMS gestuur word.

Skole kan nou “Die Goedkoopste Metode” as een van vyftien verskillende afleweringsmetodes kies. Die stelsel sal dan die lys van ontvangers analiseer en outomaties die goedkoopste manier om die boodskap te stuur vind.

Skole kan veelvuldige aanhegsels tot ‘n boodksap toevoeg en dit via Principal Talk, E-pos en SMS verstuur!

In opsomming is Multi-kanaal Kommunikasie:

Eenvoudiger

  • Stuur een boodskap gelyktydig aan verskillende sub-groepe van Ouers, Leerders, Personeel, Groepe, Debiteure en Buite-Kontakte.

Goedkoper

  • Die stelsel kies die goedkoopste manier van aflewering vir elke individuele ontvanger. Bv. ‘n boodskap aan ouers sal 60% van ontvangers d.m.v. Principal Talk bereik, 35% deur e-pos en die res m.b.v. sms.

Meer Veelsydig

  • Veelvuldige Aanhegsels kan aan Principal Talk, E-pos of SMS boodskappe toegevoeg word!
  • Daar kan met ‘n wye verskeidenheid van vooraf-gedefinieerde debiteure groepe gekommunikeer word (volgens ouderdom of balans).

Volledige Kommunikasie

  • Die stelsel merk outomaties die ontvangers waarvoor geen kommunikasie middel beskikbaar is nie vir vinnige regstelling.

Ontdek die nuwe Multi-kanaal Kommunikasie funksionaliteit onder:

My Skool | Kommunikasie

snap-2016-11-21-at-13-38-10