Pencilbox

PencilBox is ‘n Windows-gebaseerde stelsel wat ontwikkel is om met die vele aspekte van skool administrasie te help. Die stelsel is ten volle aanpasbaar en kan dus aan enige skool se vereistes voldoen.

PencilBox laat u toe om omvattende data oor leerders, ouers en personeel vas te lê en te onderhou. Leerders kan in grade, registerklasse, vakgroepe en leerder groepe (Huise) gegroepeer word. Hierdie groepe is “datum-spesifiek” en is die fondasie waarop al die ander stelsel komponente gebasseer is. Geskiedkundige data kan ook vir so lank as wat nodig is behou word.

Met meer as 170 skole wat van PencilBox gebruik maak, speel dit ‘n kritieke rol in die skool administrasie omgewing.

Die rugsteun funksionaliteit laat gebruikers toe om ‘n gekompakteerde PencilBox databasis, vir gebruik in Microsoft Access, te skep. Gebruiker-gedefinieerde skedules kan ook gebruik word vir die outomatiese rugsteun van data. Rugsteun funksionaliteit is slegs beskikbaar met SQL installasies.

PencilBox word deurgaans onderhou en opgradeer in antwoord op veranderings in opvoedkundige benaderings, departementele vereistes en gebruikers versoeke. Gaan na “LAAI AF” vir die nuutste weergawes.

Die opgraderings prosedure is eenvoudig.

PencilBox kan as ‘n losstaande stelsel of, vir ‘n onbeperkte aantal gebruikers, op ‘n uitgebreide netwerk funksioneer. Vir alleenstaande gebruikers of ‘n klein netwerk (1-9 toestelle) kan daar van ‘n Microsoft Access databasis gebruik gemaak word. Microsoft SQL Server kan vir groter netwerke (10+ toestelle) gebruik word.

PencilBox kan as ‘n losstaande stelsel of, vir ‘n onbeperkte aantal gebruikers, op ‘n uitgebreide netwerk funksioneer.

Stelsel vereistes

PencilBox is ‘n Windows-gebaseerde stelsel en is geskik vir Windows XP, Vista, Windows 7 en NT
Toegang-gebaseerde databasisse vereis nie Microsoft Access vir installasie nie.
SQL Server databasisse vereis wel SQL sagteware. Besoek die Microsoft webwerf of laai die gratis weergawe af (sien “LAAI AF”).