SMART Software

Smart Software is ‘n kragtige en geintegreerde skool administrasie stelsel. Na ‘n dekade van aktiewe en passievolle ontwikkeling, in antwoord op kliënt versoeke en ander terugvoer, het die stelsel gegroei tot ‘n aanpasbare en gebruikers-vriendelike inligting stelsel wat die behoeftes van Suid Afrikaanse skole aanspreek.

Die stelsel spog met ‘n dekade se betroubaarheid!

Smart Software blink uit as ‘n aanpasbare en gerieflike pakket in die vinnig-veranderende skool omgewing. Deur die prosedures en praktyke wat by skole gebruik word te veralgemeen, kan die stelsel ‘n groot verskeidenheid van situasies hanteer. Deurlopende ontwikkeling en verbetering beteken die stelsel kan groei om aan huidige en toekomstige vereistes te voldoen.

Hoewel die stelsel kragtig is, is dit steeds maklik om te gebruik. Die gebruikerskoppelvlak is konsekwent, maklik om te leer en prakties uiteengesit. Beskikbare opsies is altyd duidelik sigbaar, dus hoef die gebruiker nooit “spesiale kodes” te onthou nie. Die stelsel is ook in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.

Tenvolle aanpasbare verslae kan op die stelsel geskep word!

Oor dit ‘n totale geintegreerde stelsel is, hoef veranderings slegs een keer aangebring te word. Wisselende inligting word outomaties en onsigbaar herbereken, dus is resultate altyd akkuraat en opgedateer. Die stelsel kan ook oor ‘n netwerk gebruik word en kan veelvuldige gelyktydige gebruikers met gemak hanteer.

Deur van welbekende programme soos Microsoft® Access™ en Excel™ gebruik te maak, laat SMART Software u toe bestaande vaardighede te gebruik om administrasie te vereenvoudig. Data kan ook nie weggesluit word nie.

SMART Software is ‘n meertalige stelsel.

SMART Software is koste-effektief. Die lisensie is plek-spesifiek en beperk nie die aantal gebruikers, rekenaars of data wat gebruik mag word nie. Dit sluit ook onbeperkte tegniese ondersteunings oproepe in. Die lisensies is per module beskikbaar, so u betaal net vir wat u gebruik.

Die beste kenmerk van die stelsel is die mense agter dit. Uitmuntende ondersteuning is ‘n noodsaaklike deel van enige groot sagteware stelsel, en ons is toegewyd om dit te bied. Wanneer u stap-vir-stap hulp nodig het om onbekende take uit te voer, sal ons met geduld al u vrae beantwoord. Ons het deur te luister en te reageer op ons kliente se behoeftes leiers in ons veld geword.

Gebruiksregtebestuur verbeter veiligheid.

Stelsel Vereistes

SMART Software behoort op enige rekenaar wat op Microsoft® Windows® 95, 98, ME, NT, 2000, XP of latere weergawes hardloop te werk. Vir effektiewe stelsel gebruik, word die volgende egter as minimum vereistes geag:

Verwerker: 1 GHz of vinniger
Geheue: 128 MG of meer
Hardeskyf spasie: Aanvanklik 50 MG, dan tot 300 MG soos wat die databasis groei
Netwerk: 100 MG of vinniger (indien van toepassing)